7 Niemand het U aanbid nie,niemand het probeerom vas te hou aan U nie.Daarom het U weggekyk van ons,U het ons laat wegsmeltomdat ons sonde gedoen het.
8 Maar, Here, U is ons Vader.Ons is die klei,en U is die Pottebakker.U het ons almal gemaak.
9 Here, U moenie aanhou omvir ons kwaad te wees nie,U moenie altydaan ons sondes dink nie.Kyk asseblief na ons,onthou ons almal is u mense.
10 U gewyde stede het ’n woestyn geword, Sion het ’n woestyn geword,daar is nie mense in Jerusalem nie.
11 Ons gewyde, pragtige tempel het verbrand,die plek waar ons voorvaders U geprys het.Al ons mooi huise het hope klippe geword.
12 Here, U sien hierdie dinge,wil U niks doen om ons te help nie?Wil U altyd net stilblyen ons laat swaarkry?