1 Die Here sê:“Ek wou mense help,mense wat My nie gevra het nie,Ek het mense na My toe gebring,mense wat My nie gesoek het nie.Hulle was mensewat My nie aanbid het nie,maar Ek het vir hulle gesê:‘Hier is Ek, hier is Ek.’
2 Ek het my hande na hulle toeuitgesteek, elke dag,maar hulle was opstandige mense,hulle het ’n pad geloopwat nie goed is nie,hulle het gedoen wat hulle wil.
3 Hulle was mensewat My hartseer gemaak het,hulle was altyd teen My.Hulle het vir afgode offers gebring,hulle het wierook gebrandop plat klippe.
4 Hulle bly in die nag in grafte,hulle kruip daar weg.Hulle eet varkvleis,daar is onrein vleis in hulle borde,
5 maar hulle sê:‘Moenie naby ons kom nie,moenie aan ons raak nie,want ons is gewyd.’Hierdie mense is soos rookin my neus,soos ’n vuur wat die hele dagaanhou brand.
6 Ek het dit opgeskryf.Ek sal nie stilbly nie,Ek sal hulle straf.Ek sal hulle straf
7 oor hulle eie sondesen oor die sondes van hulle voorvaderswat op die berge wierook gebrand heten My beledig het.Ek sal hulle straf oor hulle sondeswat hulle voorheen gedoen het.”