10 Die Here het weer vir koning Agas ’n boodskap gestuur.
11 Hy het gesê Jesaja moet vir Agas sê: “Jy mag vir jou God die Here ’n teken vra, enige iets, in die doderyk of in die hemel.”
12 Maar Agas het gesê: “Ek sal nie vir die Here ’n teken vra nie, ek wil Hom nie toets nie.”
13 Jesaja sê toe: “Luister, julle wat van die nageslag van koning Dawid is, julle maak my moeg, en nou wil julle ook my God moeg maak.
14 Daarom sal die Here self vir julle ’n teken wys. Kyk, die jong vrou verwag ’n baba. Sy sal ’n seun kry en sy sal hom Immanuel noem.
15 Die seun sal dikmelk en heuning eet en hy sal leer om nie slegte dinge te doen nie. Hy sal net doen wat goed is.
16 “Voordat dit gebeur, sal daar nie meer mense wees in die lande van die twee konings vir wie jy bang is nie.