16 “Voordat dit gebeur, sal daar nie meer mense wees in die lande van die twee konings vir wie jy bang is nie.
17 Agas, die Here sal julle laat swaarkry, jy en jou volk en jou familie. Daar sal dinge met julle gebeur wat nog nooit gebeur het nie, vandat die land Efraim en die land Juda nie meer een land is nie. Dit sal gebeur wanneer die koning van Assirië kom.
18 “Daardie dag sal die Here fluit vir die vlieë wat ver langs die riviere in Egipte is en vir die bye wat in die land Assirië is.
19 Hulle sal almal kom en gaan sit in die berge en in die grotte in die berge en op al die doringbosse en by al die plekke waar daar water is.
20 “Daardie dag sal die Here ’n skeermes anderkant die Eufraat-rivier huur, en Hy sal al julle hare afskeer: die hare op julle kop en op julle lyf, en ook julle baard. Die skeermes is die koning van Assirië.
21 “Daardie dag sal iemand net vir ’n jong koei en net vir twee skape of bokke kos gee,
22 maar hulle sal baie melk gee, so baie dat die man dikmelk sal hê om te eet. Ja, almal wat aanhou lewe in die land, sal dikmelk en heuning eet.