22 maar hulle sal baie melk gee, so baie dat die man dikmelk sal hê om te eet. Ja, almal wat aanhou lewe in die land, sal dikmelk en heuning eet.
23 “Daardie dag sal elke plek wat vol wingerdstokke was en wat baie geld gekos het, vol dorings en bossies wees.
24 ’n Mens sal daarnatoe kan skiet met ’n pyl en boog, maar hy sal nie self daar kan ingaan nie, want die hele land sal vol dorings en bossies wees.
25 Al die berge sal vol dorings en bossies wees, die berge waar die mense voorheen geplant en gesaai het. Die mense sal bang wees om daar te kom. Dit sal ’n plek wees waar die mense hulle beeste injaag en waar die skape en bokke alles plat trap.”