8 “Hoekom? Want Resin is nie belangrik nie. Resin is net die hoof van Damaskus, en Damaskus is die hoofstad van Aram. Jerusalem is nie die hoofstad van Aram nie.“Oor 65 jaar sal die mense van Efraim nie meer lewe nie, hulle sal nie meer ’n volk wees nie.
9 Peka is ook nie belangrik nie. Hy is nie ’n koning van die nageslag van Dawid nie. Hy is net die hoof van Samaria, en Samaria is die hoofstad van Efraim, Jerusalem is nie die hoofstad van Efraim nie. Maar, Agas, as julle nie aanhou glo nie, dan sal julle nie aanhou lewe nie.”
10 Die Here het weer vir koning Agas ’n boodskap gestuur.
11 Hy het gesê Jesaja moet vir Agas sê: “Jy mag vir jou God die Here ’n teken vra, enige iets, in die doderyk of in die hemel.”
12 Maar Agas het gesê: “Ek sal nie vir die Here ’n teken vra nie, ek wil Hom nie toets nie.”
13 Jesaja sê toe: “Luister, julle wat van die nageslag van koning Dawid is, julle maak my moeg, en nou wil julle ook my God moeg maak.
14 Daarom sal die Here self vir julle ’n teken wys. Kyk, die jong vrou verwag ’n baba. Sy sal ’n seun kry en sy sal hom Immanuel noem.