1 Die Here het vir my gesê ek moet hierdie naam met groot letters skryf: “Vat-Is-Naby-Wegneem-Kom-Gou.”
2 Die priester Uria en Sagaria seun van Jeberekja moet kyk en sê ek het dit geskryf.
3 My vrou het ’n seun gekry, en die Here het vir my gesê: “Jy moet hom noem ‘Vat-Is-Naby-Wegneem-Kom-Gou,’
4 want voordat hierdie seuntjie kan begin praat, sal die koning van Assirië alles in Damaskus en Samaria vat en wegneem.”
5 Die Here het ook vir my gesê:
6 “Hierdie mense van Juda en Jerusalem het bang geword vir koning Resin en koning Peka. Hulle het gedink die klein stroompie water in die watersloot langs Jerusalem is nie belangrik nie.
7 Daarom sal Ek die koning van Assirië en al sy soldate bring om teen Jerusalem oorlog te kom maak. Die koning en sy soldate sal wees soos die groot Eufraat-rivier wat baie en sterk water het en oor sy walle vloei.