13 Julle moet net vir die Here bang wees, die Here wat oor alles regeer. Hy is die heilige God,
14 en Hy sal julle beskerm.Maar Hy sal vir Israel en Juda ’n klip wees waarteen hulle stamp en waaroor hulle val. Hy sal vir die mense wat in Jerusalem woon, ’n vangnet wees.
15 Baie van daardie mense sal val en in die vangnet vassit, en hulle sal sterf.
16 My leerlinge het gehoor wat ek gesê het en wat ek vir hulle geleer het, maar hulle moenie daaroor praat nie.
17 Die Here is nou kwaad vir die nageslag van Jakob, maar ek, Jesaja, sal aanhou wag totdat Hy help, ek sal aanhou hoop.
18 Hier is ek en die kinders wat die Here vir my gegee het. Ons is die tekens wat vir die Israeliete wys dat die Here op Sionsberg woon, die Here wat oor alles regeer.
19 Party mense sê julle moet vir die geeste van dooie mense vra wat julle moet doen. Maar ’n volk moet vir hulle God vra wat hulle moet doen. Hulle moenie vir dooie mense vra wat is goed vir mense wat lewe nie.