18 Hier is ek en die kinders wat die Here vir my gegee het. Ons is die tekens wat vir die Israeliete wys dat die Here op Sionsberg woon, die Here wat oor alles regeer.
19 Party mense sê julle moet vir die geeste van dooie mense vra wat julle moet doen. Maar ’n volk moet vir hulle God vra wat hulle moet doen. Hulle moenie vir dooie mense vra wat is goed vir mense wat lewe nie.
20 Julle moet weet wat die Here wil hê julle moet doen en julle moet luister na wat Hy vir julle wil sê. Iemand wat nie vir God vra wat hy moet doen nie, sal nie lewe tot die volgende dag nie.
21 Hy sal swaarkry en hy sal honger wees, en wanneer hy honger is, dan sal hy kwaad word en hy sal sy koning en sy gode vervloek. Hy sal na die lug
22 en na die grond kyk, maar niemand sal hom help nie. Hy sal net swaarkry en dit sal vir hom donker wees. Dit sal baie donker word.
23 Maar dit sal nie lank donker wees in die land waar die mense nou swaarkry nie. Voorheen het die Here die land Sebulon en die land Naftali verneder, maar eendag sal Hy dit weer goed laat gaan met hulle. Hy sal weer die pad na die see belangrik maak, ook die land oorkant die Jordaan-rivier en die land waar nou ander volke woon.