3 My vrou het ’n seun gekry, en die Here het vir my gesê: “Jy moet hom noem ‘Vat-Is-Naby-Wegneem-Kom-Gou,’
4 want voordat hierdie seuntjie kan begin praat, sal die koning van Assirië alles in Damaskus en Samaria vat en wegneem.”
5 Die Here het ook vir my gesê:
6 “Hierdie mense van Juda en Jerusalem het bang geword vir koning Resin en koning Peka. Hulle het gedink die klein stroompie water in die watersloot langs Jerusalem is nie belangrik nie.
7 Daarom sal Ek die koning van Assirië en al sy soldate bring om teen Jerusalem oorlog te kom maak. Die koning en sy soldate sal wees soos die groot Eufraat-rivier wat baie en sterk water het en oor sy walle vloei.
8 Die rivier sal tot in die land Juda vloei en dit sal die hele land toemaak. Die water sal tot by die mense se nekke wees. Ja, julle wat sê ‘God is by ons,’ die soldate van Assirië sal oral in julle land wees.”
9 Die volk het gesê: “Julle volke, julle doen slegte dinge, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Julle wat uit die ver plekke van die aarde kom, julle moet luister. Julle maak gereed om oorlog te maak, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Dit is seker.