8 Die rivier sal tot in die land Juda vloei en dit sal die hele land toemaak. Die water sal tot by die mense se nekke wees. Ja, julle wat sê ‘God is by ons,’ die soldate van Assirië sal oral in julle land wees.”
9 Die volk het gesê: “Julle volke, julle doen slegte dinge, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Julle wat uit die ver plekke van die aarde kom, julle moet luister. Julle maak gereed om oorlog te maak, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Dit is seker.
10 Julle maak saam planne, julle praat wat julle wil doen, maar julle planne sal nie slaag nie, want God is by ons.”
11 Die Here het my, Jesaja, vasgevat met sy sterk hand. Hy het gesê ek moenie doen wat hierdie volk doen nie. Hy het vir my gesê:
12 “Hierdie volk sê ander mense maak planne teen hulle, maar julle moenie ook so sê nie. Hulle het geskrik, maar julle moenie ook bang wees nie.”
13 Julle moet net vir die Here bang wees, die Here wat oor alles regeer. Hy is die heilige God,
14 en Hy sal julle beskerm.Maar Hy sal vir Israel en Juda ’n klip wees waarteen hulle stamp en waaroor hulle val. Hy sal vir die mense wat in Jerusalem woon, ’n vangnet wees.