1 Daardie Sondagmôre was die son nog nie eens op nie, toe was Maria Magdalena al by die graf. Sy het dadelik gesien dat iemand die groot klip voor die ingang van die graf weggerol het.
2 Toe sy dit agterkom, vlieg sy om en hardloop na Simon Petrus en die ander dissipel toe (dit was die een van wie Jesus baie gehou het). “Die Here is nie meer in die graf nie. Hy’s weg!” hyg sy. “Ek weet nie waarheen hulle Hom gevat het nie.”
3 Petrus storm toe saam met die ander dissipel uit die huis uit. Hulle sit dadelik af graf toe.
4 Die ander dissipel het vir Petrus weggehardloop en eerste by die graf gekom.
5 Hy steek toe by die ingang vas en loer by die graf in. Net die linne het daar eenkant gelê.