3 Die geveg het al hoe swaarder rondom Saul gewoed. Die Filistynse boogskutters het hom ingehaal en raak geskiet.
4 Saul skreeu toe vir sy wapendraer: “Vat jou swaard en maak my dood, voordat hierdie spul Filistyne op my afkom en hulle in my lot kan verlekker!” Maar sy wapendraer was verskriklik bang en wou dit nie doen nie. Saul gryp toe sy eie swaard en val daarin.
5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood is, het hy ook in sy swaard geval en só gesterf.
6 Saul en sy drie seuns het saam gesneuwel. So het sy koningshuis tot ’n einde gekom.
7 Toe die Israeliete wat in die vlakte gewoon het, sien dat die soldate gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is, het hulle hulle dorpe ontruim en gevlug. Die Filistyne het in die gebied ingetrek en daar gaan woon.
8 Die Filistyne het die volgende dag na die slagveld teruggekom om die dooie soldate se lyke te plunder. Daar op die Gilboaberg het hulle toe op Saul en sy seuns se lyke afgekom.
9 Hulle het Saul uitgetrek en sy kop en sy wapens gevat en dit deur die hele Filistynse gebied rondgestuur. Só het hulle die goeie nuus van hulle oorwinning vir hulle afgode en die res van die volk gaan vertel.