8 Die Filistyne het die volgende dag na die slagveld teruggekom om die dooie soldate se lyke te plunder. Daar op die Gilboaberg het hulle toe op Saul en sy seuns se lyke afgekom.
9 Hulle het Saul uitgetrek en sy kop en sy wapens gevat en dit deur die hele Filistynse gebied rondgestuur. Só het hulle die goeie nuus van hulle oorwinning vir hulle afgode en die res van die volk gaan vertel.
10 Hulle het Saul se wapens in hulle god se tempel neergesit en sy skedel in die Dagontempel vasgeslaan.
11 Die mense van Jabes in Gilead het gehoor wat die Filistyne alles met Saul gedoen het.
12 Hulle dapper soldate het toe Saul en sy seuns se lyke gaan haal. Hulle het die oorskot na Jabes toe gebring en dit onder die groot boom in Jabes begrawe. Daarna het hulle sewe dae lank niks geëet nie.
13 Saul is dood, want hy was ontrou aan die Here. Hy het nie gedoen wat die Here gesê het nie en hy het ’n dooie se gees geraadpleeg
14 in plaas van om by die Here raad te vra. Daarom het die Here hom laat doodgaan en die koningskap na Dawid, Isai se seun, laat oorgaan.