23 Op ’n ander keer het hy ’n Egiptenaar doodgemaak wat twee en ’n kwart meter lank was. Die Egiptenaar se spies was so dik soos die dwarsbalk van ’n weefstoel. Benaja het net ’n stok by hom gehad, maar hy het die Egiptenaar se spies uit sy hand geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.
24 Dít is die tipe dinge wat Benaja gedoen het en waarmee hy so beroemd soos die Drietal geword het.
25 Hy is hoër geag as die res van die Dertigtal, maar was nie een van die Drietal nie. Dawid het hom in bevel van sy lyfwag geplaas.
26 Die dapper helde was verder: Asael, Joab se broer; Elganan, Dodo se seun uit Betlehem;
27 Samma uit Garod; Geles uit Pelet;
28 Ira, Ikkes se seun uit Tekoa; Abiëser uit Anatot;
29 Sibbekai uit Gusa; Ilai uit Agoag;