7 Dawid het toe in die bergvesting gaan bly. Dit is waarom hulle dit die Stad van Dawid noem.
8 Hy het die stad van die Millo af reg rondom opgebou, terwyl Joab die res van Jerusalem herbou het.
9 Dawid het al hoe sterker geword, want die Here, die Groot Bevelvoerder, was by hom.
10 Hier is iets meer oor die leiers van Dawid se dapper helde. Hulle het saam met die hele Israel besluit om Dawid Israel se koning te maak, volgens die Here se belofte.
11 Hier is ’n lys van Dawid se magtige manne.Jasobam, Gakmoni se seun, was die leier van die Drietal. Hy het eenkeer 300 man in een veldslag met sy spies doodgemaak.
12 Eleasar, Dodo se seun, wat uit Agoag kom, is volgende. Hy was ook een van die Drietal.
13 Hy was saam met Dawid by Pas-Dammim om teen die Filistyne te veg. Die geveg het in ’n garsland plaasgevind en die Israeliete het gevlug.