1 Dawid het vir homself geboue in die Stad van Dawid opgerig. Hy het ook ’n plek vir die verbondsark van God ingerig en ’n tent daarvoor opgeslaan.
2 Toe het hy gesê: “Niemand behalwe die Leviete mag die ark van God dra nie. Die Here het hulle gekies om die ark te dra en vir altyd daarvoor te sorg.”
3 Daarna het hy die hele Israel in Jerusalem byeengeroep om die verbondsark van die Here te verskuif na die plek wat daarvoor reggemaak is.
4 Dawid het mense uit die Aäronfamilie en Leviete bymekaargebring.Hulle was:
5 120 ampsdraers uit die Kehatgroep, met Uriël as leier;
6 220 ampsdraers uit die Merarigroep, met Asaja as leier;