11 Dawid het ook die priesters Sadok en Abjatar en die Leviete Uriël, Asaja, Joël, Semaja, Eliël en Amminadab geroep.
12 Vir laasgenoemde groep het hy gesê: “Elkeen van julle is die hoof van die Levitiese families. Sorg dat julle en julle mede-Leviete rein is, sodat julle die verbondsark van die Here, Israel se God, na die plek kan bring wat ek daarvoor reggemaak het.
13 Verlede keer, toe julle Leviete nie daar was om die ark te dra nie, het die Here ons God op ons toegeslaan. Ons het nagelaat om die Here te vra hoe ons die ark behoort te vervoer.”
14 Die priesters en die Leviete het toe gereedgemaak om die ark van die Here, Israel se God, te gaan haal.
15 Die Leviete het die ark van God met sy drahoute op hulle skouers gedra, net soos die Here vir Moses beveel het om te doen.
16 Dawid het ook die Levitiese leiers opdrag gegee om hulle ampsgenote, die sangers, as ’n koor te organiseer. Hulle moes vreugdeliedere met die begeleiding van liere, harpe en simbale sing.
17 Die Leviete het toe vir Heman, Joël se seun, Asaf, Berekja se seun, en Etan, Kusaja se seun, uit die Merarigroep aangewys.