14 Die priesters en die Leviete het toe gereedgemaak om die ark van die Here, Israel se God, te gaan haal.
15 Die Leviete het die ark van God met sy drahoute op hulle skouers gedra, net soos die Here vir Moses beveel het om te doen.
16 Dawid het ook die Levitiese leiers opdrag gegee om hulle ampsgenote, die sangers, as ’n koor te organiseer. Hulle moes vreugdeliedere met die begeleiding van liere, harpe en simbale sing.
17 Die Leviete het toe vir Heman, Joël se seun, Asaf, Berekja se seun, en Etan, Kusaja se seun, uit die Merarigroep aangewys.
18 Die volgende mans is gekies as hulle assistente: Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Benaja, Maäseja, Mattitja, Elifele, Mikneja, asook Obed-Edom en Jeïel, die hekwagte.
19 Die sangers Heman, Asaf en Etan sou die bronssimbale slaan.
20 Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Maäseja en Benaja sou op die liere speel.