16 Dawid het ook die Levitiese leiers opdrag gegee om hulle ampsgenote, die sangers, as ’n koor te organiseer. Hulle moes vreugdeliedere met die begeleiding van liere, harpe en simbale sing.
17 Die Leviete het toe vir Heman, Joël se seun, Asaf, Berekja se seun, en Etan, Kusaja se seun, uit die Merarigroep aangewys.
18 Die volgende mans is gekies as hulle assistente: Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Benaja, Maäseja, Mattitja, Elifele, Mikneja, asook Obed-Edom en Jeïel, die hekwagte.
19 Die sangers Heman, Asaf en Etan sou die bronssimbale slaan.
20 Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Maäseja en Benaja sou op die liere speel.
21 Mattitja, Elifele, Mikneja, Obed-Edom, Jeïel en Asasja sou op die harpe speel.
22 Kenanja was in beheer van die Leviete wat die verbondsark moes dra. Hy het dit gereël, omdat hy geweet het hoe om dit te doen.