21 Mattitja, Elifele, Mikneja, Obed-Edom, Jeïel en Asasja sou op die harpe speel.
22 Kenanja was in beheer van die Leviete wat die verbondsark moes dra. Hy het dit gereël, omdat hy geweet het hoe om dit te doen.
23 Berekja en Elkana sou die ark bewaak.
24 Die priesters Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser sou op die trompette blaas voor die ark van God uit. Obed-Edom en Jegija was ook wagte by die ark.
25 Dawid, die leiers van die Israeliete en die hoogste offisiere was baie bly toe hulle na Obed-Edom se huis toe vertrek het om die ark van die verbond van die Here te gaan haal.
26 Omdat hulle kon sien dat God die Leviete help wat die verbondsark van die Here dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme vir die Here geslag.
27 Dawid, al die Leviete wat die verbondsark gedra het, die sangers en Kenanja, wat die draery gereël het, het almal klere van fyn linne aangehad. Dawid het ook nog ’n skouerkleed van linne omgehad.