28 Elke mens op hierdie aarde moet die Here erken vir wie Hy regtig is.Hulle moet erken dat Hy sterker en belangriker as enigiemand anders is.
29 Gee daarom aan die Here die dank en eer wat net Hy verdien.Kom na Hom toe en bring vir Hom ’n offer wat Hom gelukkig sal maak,kniel voor Hom en erken Hom vir wie Hy regtig is.
30 Al die mense op aarde moet besef hoe klein hulle teenoor die Here is.Hy is so sterk dat die aarde onbeweeglik vas in sy hand lê.
31 Die hemel en elkeen wat daar is, moet van opgewondenheid oorloop.Die aarde en elkeen wat daar is, moet hulle blydskap uitskreeu.Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here is koning!”
32 Ook die see en alles daarin mag nie stilbly nie.Oor die velde moet die gejuig weergalm,
33 die bome van die woud moet saam weerklink.Hierdie uitbundige jubeling is bedoel vir die Here,want Hy kom na ons toe.Hy kom om oor alle mense te oordeel.
34 Prys die Here,want Hy is goed.Sy goedheid hou net aan en aan, vir altyd!