30 Al die mense op aarde moet besef hoe klein hulle teenoor die Here is.Hy is so sterk dat die aarde onbeweeglik vas in sy hand lê.
31 Die hemel en elkeen wat daar is, moet van opgewondenheid oorloop.Die aarde en elkeen wat daar is, moet hulle blydskap uitskreeu.Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here is koning!”
32 Ook die see en alles daarin mag nie stilbly nie.Oor die velde moet die gejuig weergalm,
33 die bome van die woud moet saam weerklink.Hierdie uitbundige jubeling is bedoel vir die Here,want Hy kom na ons toe.Hy kom om oor alle mense te oordeel.
34 Prys die Here,want Hy is goed.Sy goedheid hou net aan en aan, vir altyd!
35 Sê: Ag, Here ons God, kom help ons tog!Kom haal ons hier tussen die nasies uit,sodat ons u heilige Naam kan loofen bly kan wees oor al u goedheid!
36 Die Here, die God van Israel, moet geloof word,nou en vir altyd.Die hele volk het uitgeroep: “Amen” en hulle het die Here geloof.