21 Watter ander volk op aarde is soos u volk, Israel? Waar het ’n god al ooit soveel vir ’n volk gedoen deur hulle uit slawerny te bevry en hulle sy eiendom te maak? U het groot en skrikwekkende dinge vir ons gedoen en so deur die hele wêreld bekend geword. U het hulle uit Egipte laat trek en ander volke voor hulle uit verdryf.
22 U het Israel gekies om vir altyd u volk te wees en U, o Here, het hulle God geword.
23 “Laat alles wat U aan my en my nageslag belowe het, nou waar word. Mag dit ’n belofte wees wat vir altyd sal hou.
24 As dit waar word, sal die hele wêreld U vir altyd vereer en sê: ‘Israel se God is die Here, die Groot Bevelvoerder.’ Mag die koningshuis van Dawid, u kneg, bly bestaan.
25 “My God, ek het die vrymoedigheid om so te bid, omdat U aan my geopenbaar het dat U vir my ’n huis gaan bou, ’n koningshuis wat vir altyd sal aanhou!
26 Want U is God, o Here, en U het hierdie goeie dinge vir my, wat u dienaar is, belowe.
27 U het besluit om my koningshuis te seën, sodat daar altyd een van my nakomelinge op die troon sal wees. Aangesien U dit geseën het, is dit ’n seën vir altyd.”