14 Dawid het goed en eerlik oor die hele Israel regeer. Die belangrikste amptenare in die koninkryk was:
15 Joab, Seruja se seun, die bevelvoerder van die leër; Josafat, Agilud se seun, die staatshistorikus;
16 Sadok, Agitub se seun, en Agimelek, Abjatar se seun, die priesters; Sausa, die staatsekretaris;
17 Benaja, Jojada se seun, bevelvoerder van die koning se lyfwag. Dawid se eie seuns was van sy belangrikste amptenare.