1 ’n Ruk later is Nagas, die Ammonitiese koning, dood. Sy seun Ganun het in sy plek koning geword.
2 Dawid het besluit om dieselfde vriendskap aan Ganun te bewys as wat Nagas vroeër aan Dawid bewys het. Hy stuur toe boodskappers na Ganun toe om medelye te betoon oor sy pa se dood.
3 Toe die boodskappers daar aankom, het die Ammonitiese familiehoofde vir Ganun gevra: “Dink jy nou regtig hulle is hier om Dawid se simpatie te betoon? Die eintlike rede is om die land te kom verken sodat hy dit vir homself kan vat.”
4 Ganun het die boodskappers toe gevang, elkeen se baard afgeskeer, hulle klere by die boude kort afgesny en hulle na Dawid toe teruggestuur.
5 Dawid het gehoor wat met hulle gebeur het. Hulle was te skaam om in die openbaar te verskyn en hy het vir hulle laat weet: “Bly in Jerigo totdat julle baarde weer uitgegroei het. Dan kan julle terugkom.”