5 Dawid het gehoor wat met hulle gebeur het. Hulle was te skaam om in die openbaar te verskyn en hy het vir hulle laat weet: “Bly in Jerigo totdat julle baarde weer uitgegroei het. Dan kan julle terugkom.”
6 Die Ammoniete het besef dat hulle Dawid kwaad gemaak het. Koning Ganun en die Ammoniete het omtrent 34 ton silwer gestuur om strydwaens en bemanning by die Arameërs van Mesopotamië en Maäka asook by Soba te huur.
7 Hulle het 32 000 strydwaens gehuur en die steun van die koning van Maäka gewerf. Hy het met sy soldate buite Medeba kamp opgeslaan, terwyl die Ammoniete uit hulle dorpe saamgetrek het om reg te maak vir die oorlog.
8 Toe Dawid dit hoor, het hy Joab met sy leër van helde gestuur om te gaan veg.
9 Die Ammoniete het by die stadspoort gereed gestaan en die ander konings het hulle magte buite in die veld opgestel.
10 Joab het besef dat hy nou aan twee fronte sou moes veg. Hy het toe die beste vegters uitgesoek en hulle teenoor die Arameërs opgestel.
11 Die res het hy onder bevel van sy broer Abisai geplaas. Hulle moes teen die Ammoniete veg.