8 Toe Dawid dit hoor, het hy Joab met sy leër van helde gestuur om te gaan veg.
9 Die Ammoniete het by die stadspoort gereed gestaan en die ander konings het hulle magte buite in die veld opgestel.
10 Joab het besef dat hy nou aan twee fronte sou moes veg. Hy het toe die beste vegters uitgesoek en hulle teenoor die Arameërs opgestel.
11 Die res het hy onder bevel van sy broer Abisai geplaas. Hulle moes teen die Ammoniete veg.
12 Hy het vir Abisai gesê: “As die Arameërs te sterk is vir my, moet jy my kom help. As die Ammoniete te sterk is vir jou, sal ek jou kom help.
13 Veg dapper! Laat ons dapper wees om ons volk en die stede van ons God te kan beskerm. En mag die Here se wil geskied!”
14 Joab en sy manne het die Arameërs aangeval. Die Arameërs het geswig en gevlug.