12 Boas was Obed se pa en Obed was Isai se pa.
13 Isai se sewe seuns was, van die oudste tot die jongste: Eliab, Abinadab, Samma,
14 Netanel, Raddai,
15 Osem en Dawid.
16 Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael.
17 Abigal was met Jeter, ’n Ismaeliet, getroud en hulle seun was Amasa.
18 Gesron se seun Kaleb het by sy eerste vrou, Asuba, ’n dogter, Jeriot, en drie seuns, Jeser, Sobab en Ardon, gehad.