2 Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser.
3 Juda se seuns was Er, Onan en Sela. Hulle ma was Bat-Sua, ’n Kanaänitiese vrou. Juda se oudste seun, Er, was ’n slegte man en die Here het hom doodgemaak.
4 Juda het ook twee seuns, Peres en Serag, by sy skoondogter Tamar gehad.Hy het dus altesaam vyf seuns gehad.
5 Peres se seuns was Gesron en Gamul.
6 Serag se seuns was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam.
7 Karmi se seun was Akan. Hy het goed gevat wat die Here s’n was en so ’n ramp oor Israel laat kom.
8 Etan se seun was Asarja.