26 Jeragmeël het nog ’n vrou gehad. Sy was Atara en sy was die ma van Onam.
27 Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker.
28 Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur.
29 Abisur se vrou was Abihajil en sy was Agban en Molid se ma.
30 Nadab se seuns was Seled en Appajim, maar Seled is sonder kinders dood.
31 Appajim het ’n seun Jisi gehad. Jisi se seun was Sesan, en Sesan was Aglai se pa.
32 Jada se seuns was Agi, Sammai, Jeter en Jonatan. Jeter het sonder kinders gesterf.