34 Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het ’n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad.
35 Hy het toe een van sy dogters met sy slaaf Jarga laat trou. Sy en Jarga het ’n seun, Attai, gehad.
36 Attai was Natan se pa en Natan was Sabad se pa,
37 Sabad was Eflal se pa, Eflal was Obed se pa,
38 Obed was Jehu se pa en Jehu was Asarja se pa.
39 Asarja was Geles se pa, Geles was Elasa se pa,
40 Elasa was Sismai se pa, Sismai was Sallum se pa,