4 Juda het ook twee seuns, Peres en Serag, by sy skoondogter Tamar gehad.Hy het dus altesaam vyf seuns gehad.
5 Peres se seuns was Gesron en Gamul.
6 Serag se seuns was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam.
7 Karmi se seun was Akan. Hy het goed gevat wat die Here s’n was en so ’n ramp oor Israel laat kom.
8 Etan se seun was Asarja.
9 Gesron se seuns was Jeragmeël, Ram en Kaleb.
10 Ram was Amminadab se pa en Amminadab die pa van Nagson, ’n leier van Juda.