16 Dawid het opgekyk en die engel tussen die aarde en hemel gesien met ’n ontblote swaard wat hy oor Jerusalem uithou. Dawid en die leiers van die volk was baie hartseer en hulle wou dit vir die Here wys. Met rouklere aan het hulle met die gesig op die grond geval.
17 Dawid het toe vir God gesê: “Dit was ék wat beveel het dat die volk getel moes word. Dit was my fout en ek het die sonde gedoen. Wat het hierdie arme mense gedoen? Here my God, U kan my en my familie swaar straf, maar spaar tog u volk van die siekte-epidemie!”
18 Die engel van die Here het toe vir Gad beveel om vir Dawid te sê dat hy ’n altaar op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, moes gaan bou.
19 Dawid het dit dadelik gedoen.
20 Ornan en sy vier seuns was besig om koring te dors. Toe hy opkyk, het hy die engel gesien. Hy en sy seuns het dadelik gaan wegkruip.
21 Toe Ornan daarna vir Dawid na hom toe sien aankom, het hy voor Dawid neergebuig.
22 Dawid het toe vir Ornan gesê: “Verkoop asseblief die dorsvloer aan my teen sy volle prys. Ek wil ’n altaar hier bou sodat die siekte-epidemie kan ophou.”