4 Dawid het hom nie daaraan gesteur nie en Joab gedwing om die volkstelling te doen. Joab het die hele land deurgegaan en toe hy weer in Jerusalem aankom,
5 het hy die getalle vir Dawid gegee: in die hele Israel was daar 1,1 miljoen weerbare manne en in Juda 470 000.
6 Die opdrag van Dawid was egter vir Joab so afstootlik dat hy nie die Benjaminiete en die Leviete bygetel het nie.
7 God was baie ontevrede oor die volkstelling en het Israel daaroor gestraf.
8 Dawid het vir God gesê: “Ek het ’n groot sonde gedoen deur die volkstelling te hou. Vergewe my, asseblief; ek besef dit was ’n dom ding om te doen.”
9 Die Here het vir Gad, Dawid se siener, gesê:
10 “Gaan sê vir Dawid: ‘Die Here sê: Kies een van die volgende drie moontlikhede as ’n straf oor jou sonde en Ek sal dit laat gebeur.’”