28 Hulle moes die nageslag van Aäron help met die werk in die huis van die Here. Hulle was verantwoordelik vir die voorportale, die kamers, die skoonmaak van al die gewyde dinge en vir die werksaamhede van die tempeldiens.
29 Hulle moes sorg vir die offerbrood, die meel vir die graanoffer, die ongesuurde brood, die bakplaat, die deegmengsel en vir elke inhouds- en lengtemaat.
30 Hulle moes ook elke oggend en aand reg staan om vir die Here dank en lof te bring
31 en moes help met die bring van al die offers vir die Here op die sabbat, nuwemaansfeeste en ander feestye. Die regte aantal Leviete moes altyd in die tempel werk, presies volgens die voorskrifte wat aan hulle gegee is.
32 Deur hulle werk in die tempel van die Here het hulle die spesiale dienste vir die Here in stand gehou.