4 Van hulle moes 24 000 in die huis van die Here werk en 6 000 die orde en regspraak behartig;
5 4 000 was hekwagte en nog 4 000 moes sorg vir die lof van die Here op die musiekinstrumente wat Dawid daarvoor gemaak het.
6 Dawid het hulle in groepe ingedeel volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merari.
7 Uit die nageslag van Gerson was daar Ladan en Simi.
8 Die seuns van Ladan was drie: Jegiël, die leier, Setam en Joël.
9 Simi se seuns was ook drie: Selomit, Gasiël en Haran.
10 Die ander seuns van Simi se name was Jagat, Sisa, Jeüs en Beria.