17 die 21ste op Jakin, die 22ste op Gamul,
18 die 23ste op Delaja, die 24ste op Maäsja.
19 Dit was die groepe waarvolgens hulle hulle take in die huis van die Here kom uitvoer het. Dit moes gebeur volgens die reëls wat Aäron, hulle voorvader, neergelê het in gehoorsaamheid aan die opdragte van Jahwe, die God van Israel.
20 Hier is ’n lys van die familiehoofde van die ander Leviete: Subael uit die nageslag van Amram, Jegdeja uit die nageslag van Subael,
21 Jissija uit die nageslag van Regabja,
22 Selomit uit die nageslag van Jishar, Jagat uit die nageslag van Selomit,
23 Jerija, Amarja, Jagasiël en Jekamam, al vier uit die nageslag van Hebron,