3 Dawid het hulle met die hulp van Sadok, uit Eleasar se nageslag, en Agimelek, uit Itamar se nageslag, in groepe ingedeel om hulle werk te doen.
4 Eleasar se nageslag is in sestien familiegroepe ingedeel en Itamar s’n in agt, omdat daar meer familiehoofde in Eleasar se nageslag was.
5 Hulle het die groepe deur loting ingedeel, sonder bevoordeling van enige groep, sodat die mense wat God in die heiligdom moes dien, uit sowel die Eleasargeslag as uit die Itamargeslag gekom het.
6 Die sekretaris was Semaja, ’n Leviet, Netanel se seun. Hy het die name in die teenwoordigheid van die koning, die amptenare, die priester Sadok, Agimelek seun van Abjatar en die familiehoofde van die priesters en die Leviete opgeskryf. Daar is elke keer twee families vir Eleasar en een vir Itamar geneem.
7 Die eerste lot het op Jojarib geval, die tweede lot het op Jedaja geval,
8 die derde op Garim, die vierde op Seorim,
9 die vyfde op Malkija, die sesde op Mijamin,