2 Die eerste afdeling, wat verantwoordelik was vir die eerste maand, was onder die bevel van Jasobam, Sabdiël se seun.
3 Hy was uit die Peresgroep en in die eerste maand was hy hoof van al die leëroffisiere.
4 Dodai uit Agoag was in bevel van die tweede afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se offisier was Miklot.
5 Benaja, die hoëpriester Jojada se seun, was in bevel van die derde afdeling vir die derde maand.
6 Hy was ’n sterk leier onder die Dertigtal en in bevel van die 30 helde in Dawid se leër. Sy seun Ammisabad het ná hom bevel van die afdeling oorgeneem.
7 Asael, Joab se broer, was in bevel van die vierde afdeling vir die vierde maand. Sy seun Sebadja het hom opgevolg.
8 Samhut, afkomstig uit Jisrag, was in bevel van die vyfde afdeling vir die vyfde maand.