7 Asael, Joab se broer, was in bevel van die vierde afdeling vir die vierde maand. Sy seun Sebadja het hom opgevolg.
8 Samhut, afkomstig uit Jisrag, was in bevel van die vyfde afdeling vir die vyfde maand.
9 Ira, Ikkes se seun wat uit Tekoa gekom het, was in bevel van die sesde afdeling vir die sesde maand.
10 Geles, afkomstig uit Pelon in Efraim, was in bevel van die sewende afdeling vir die sewende maand.
11 Sibbekai, ’n afstammeling van Serag uit Gusa, was in bevel van die agtste afdeling vir die agtste maand.
12 Abiëser, afkomstig uit Anatot in Benjamin, was in bevel van die negende afdeling vir die negende maand.
13 Marai, ’n afstammeling van Serag uit Netofa, was in bevel van die tiende afdeling vir die tiende maand.