6 Hy het vir my gesê: ‘Jou seun Salomo moet my tempel bou, want Ek het hom vir My as seun gekies en ek sal vir hom ’n pa wees.
7 Ek sal sy koningskap vir altyd laat duur as hy gehoorsaam bly aan my wette en voorskrifte, soos wat hy tans doen.’
8 “Daarom beveel ek julle nou hier waar die hele Israel, die Here se gemeente, teenwoordig is en waar die Here self ons getuie is: maak seker dat julle al die wette van die Here julle God uitvoer, sodat julle hierdie goeie land kan behou en dit as ’n ewige erfenis vir julle kinders kan nalaat.
9 Salomo, my seun, leer die God van jou voorouers goed ken. Vereer en dien Hom met jou hele lewe en met ’n gewillige gemoed, want die Here weet wat in ’n mens se gedagtes aangaan en Hy verstaan jou planne. As jy Hom soek, sal Hy toelaat dat jy Hom vind, maar as jy van Hom af wegdraai, sal Hy jou vir altyd verwerp.
10 Luister nou mooi: die Here het jou gekies om die tempel as heiligdom vir Hom te bou. Spring dadelik aan die werk!”
11 Dawid het vir Salomo ’n bouplan gegee van die pilaargang met al die geboue wat daarmee saamgaan: die voorraadkamers, solderkamers, binnekamers en binneste heiligdom waar die ark se deksel sou kom.
12 Dit was ’n grondplan van alles wat hy vir die tempel beplan het: van die pilaargange van die tempel, die stoorkamers vir skatte en buit wat aan die Here gewy mag word,