24 Al die familiehoofde, die leiers en Dawid se ander seuns het hulle steun vir Salomo gegee.
25 Die Here het Salomo as koning baie eer gegee en almal het na hom opgesien. Hy het hom meer welvarend gemaak as enige koning in Israel voor hom.
26 Dawid, Isai se seun, het oor die hele Israel regeer.
27 Hy het 40 jaar lank in Israel regeer: sewe jaar uit Hebron en daarna vir 33 jaar uit Jerusalem.
28 Hy was oud toe hy dood is, nadat hy ’n lang lewe, welvaart en eer beleef het. Toe het sy seun Salomo hom opgevolg.
29 Al die gebeure van Dawid se regeringstyd is opgeskryf in Die herinnerings van Samuel die siener, Die herinnerings van Natan die profeet en die Herinnerings van Gad die siener.
30 Hierdie geskrifte beskryf sy magtige dade toe hy koning was. Dit handel oor alles wat met hom en met Israel en met die koninkryke rondom hulle gebeur het.