1 Die volgende seuns van Dawid is gebore toe hy nog in Hebron gewoon het: die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam van Jisreël was; die tweede was Daniël, wie se ma Abigajil van Karmel was;
2 die derde was Absalom, wie se ma Maäka, ’n dogter van koning Talmai van Gesur was; die vierde was Adonia, wie se ma Gaggit was;
3 die vyfde was Sefatja, wie se ma Abital was; die sesde was Jitream, wie se ma Egla was.
4 Dié ses is in Hebron gebore, terwyl Dawid vir sewe jaar en ses maande daar koning was. Dawid is toe na Jerusalem, waar hy 33 jaar lank koning was.