2 Sobal se seun Reaja was Jagat se pa, en Jagat was Agumai en Lahad se pa. Dit is die mense wat in Sora gewoon het.
3 Etam se nageslag was Jisreël, Jisma en Jidbas, Hasselelponi (sy dogter),
4 Penuel (die grondlegger van Gedor) en Eser (die grondlegger van Gusa). Hulle was die nageslag van Gur (Efrata se oudste seun) en vader van Betlehem.
5 Asgur (die grondlegger van Tekoa), het twee vroue gehad, Gela en Naära.
6 By Naära het hy vier seuns gehad: Agussam, Gefer, Temni en Agastari. Hulle was Naära s’n.
7 Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.
8 Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel, Harum se seun.