27 Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Daarom was die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda nie.
28 Hulle het in Berseba, Molada, Gasar-Sual,
29 Baäla, Esem, Eltolad,
30 Betuel, Gorma, Siklag,
31 Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim gewoon. Dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.
32 Hulle het ook in die vyf stede Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan
33 en in die dorpies rondom dié stede tot so ver as Baäl gewoon. Dit is waar hulle gewoon het en hulle name is in die geslagsregister opgeneem.