1 Ruben was Israel se oudste seun. Nadat hy egter by een van sy pa se vroue geslaap het, is die status en voorregte wat hy as oudste seun gehad het, oorgedra op die seuns van Josef, Israel se seun. Hy is nie meer as die oudste seun gereken nie.
2 Die stam van Juda het wel die sterkste een van al die stamme geword en ’n leier vir die volk opgelewer, maar Josef het steeds die rang van oudste seun gehad.
3 Die seuns van Ruben, Israel se oudste seun, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.
4 Joël se afstammelinge was in volgorde: Semaja, Gog, Simi,
5 Miga, Reaja, Baäl
6 en Beëra. Beëra was die leier van die Rubeniete toe hulle deur koning Tiglat-Pileser van Assirië gevang en weggevoer is.