17 Dié registers is almal opgestel in die tyd van koning Jotam van Juda en koning Jerobeam II van Israel.
18 Die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam het 44 760 weerbare manne gehad. Hulle was goed opgeleide soldate wat met skild en swaard en pyl en boog gewapen was.
19 Toe hulle die Hagareërs en vir Jetur, Nafis en Nodab aangeval het,
20 het hulle tot God gebid en hulp ontvang. Hy het hulle gehelp omdat hulle in Hom geglo het en hulle het die Hagareërs en almal wat aan die Hagareërs se kant was, oorwin.
21 Hulle het ook baie vee gebuit: 50 000 kamele, 250 000 stuks kleinvee en 2 000 donkies. Daarby het hulle ook nog 100 000 mense gevange geneem
22 en baie mense is in die gevegte dood, want God het dié oorlog gevoer. Hulle het toe in die verowerde gebied gewoon totdat die ballingskap aangebreek het.
23 Die halwe Manassestam het in ’n gebied gewoon wat van Basan af tot by Baäl-Hermon, Senir en Hermonberg gestrek het. Hulle was baie.