19 Toe hulle die Hagareërs en vir Jetur, Nafis en Nodab aangeval het,
20 het hulle tot God gebid en hulp ontvang. Hy het hulle gehelp omdat hulle in Hom geglo het en hulle het die Hagareërs en almal wat aan die Hagareërs se kant was, oorwin.
21 Hulle het ook baie vee gebuit: 50 000 kamele, 250 000 stuks kleinvee en 2 000 donkies. Daarby het hulle ook nog 100 000 mense gevange geneem
22 en baie mense is in die gevegte dood, want God het dié oorlog gevoer. Hulle het toe in die verowerde gebied gewoon totdat die ballingskap aangebreek het.
23 Die halwe Manassestam het in ’n gebied gewoon wat van Basan af tot by Baäl-Hermon, Senir en Hermonberg gestrek het. Hulle was baie.
24 Hulle familiehoofde was Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Hulle was almal goeie vegters, met ’n goeie naam en leiers van hulle families.
25 Hierdie stamme was nie gehoorsaam aan die God van hulle voorouers nie. Hulle het die gode begin dien van die volke wat God uitgeroei het om vir hulle daar plek te maak.