6 en Beëra. Beëra was die leier van die Rubeniete toe hulle deur koning Tiglat-Pileser van Assirië gevang en weggevoer is.
7 Beëra se familie is volgens hulle afkoms per familiegroep in die register opgeneem. Jeïel was die leier en naas hom Sagaria
8 en Bela seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël.Die Rubenstam het in ’n gebied gewoon wat van Aroër af tot by Nebo en Baäl-Meon gestrek het.
9 In Gilead het hulle vee só baie geword dat hulle al verder oos getrek het tot teen die woestyn wat tot aan die oewers van die Eufraatrivier strek.
10 In Saul se tyd het hulle die Hagareërs aangeval en verslaan. Hulle het toe in die dorpies gaan woon wat hulle oorwin het. Dit was die hele oostelike deel van Gilead.
11 Die afstammelinge van Gad het langs die Rubeniete in Basan gewoon. Hulle het tot so ver oos as Salka gewoon.
12 Joël was die leier in Basan en Safam was die tweedebelangrikste leier. Verder was daar ook nog Janai en Safat.